Op hierdie bladsy kan u die skakels vind na alles wat in die kerk elektronies beskikbaar is. Om vir elke diens die relefante inligting te ontvang kan u op die punt druk en dit sal u na die betrokke punt neem:
- Om ons Kerk Kalender elketronies u op foon of rekenaar by te voeg
- Die AP Kerk se amptelike foon teopassing waarop die Kerkliedere en Belydenisskrifte beskikbaar is
- Ons Youtube kanaal vir direkte uitsendings van ons dienste asook ‘n argief van vorige dienste
- Vir Elektroniese bydraes
1. Voeg ons kerkkalender as ‘n Elektroniese kalender op u Foon of Gmail / Outlook / Icloud eposadresse
As dit die Here se wil, sal daar in die jaar soos dit op ons kerk kalender aangebring is, weer tye vir geloofsvoeding en bevestiging wees asook tye van aanbidding en diensbaarheid.
Om op hoogte van hierdie program in die palm van u hand, in die vorm van u selfoon te bly, en die gerief te ervaar om waar u ook al mag wees te kan kyk watter belangrike afspraak met ons Here op watter datum geskiet – kan u vir die volgende fone die onderskeidelike stappe volg.
Hierdie is ‘n eenmalige proses en sal verseker dat u altyd van die nuutste gebeure van ons gemeente op datum gehou sal word.
Apple
Indien u ‘n Apple foon besit kan u op die volgende stappe volg om die kalender by u foon se kalenders te voeg:
- Kopier die volgende deur lang op die teks in te hou en nadat die hele skakel geselekteer is “Copy” te druk:
https://calendar.google.com/calendar/ical/kalender%40apkverwoerdburg.co.za/public/basic.ics - Maak die Apple Calendar “app” oop.
- Druk op die Icon wat soos ‘n kalender lyk en blaai dan deur al die kalenders wat tans op u foon gelys is tot heel onder.
- Druk dan op “Add Caledar”
- Kies die “Add Subscription Calendar” opsie
- Plak dan die skakel soos in punt 1 gekopier in die blokkie onder “Subscription URL” en druk “Find”.
- Druk die regmerkie Bo regs en Apple sal dan die Kerkkalender tot die lys van u kalenders as ‘n aparte Kalender byvoeg.
Android
Indien u ‘n Android foon besit kan u op die volgende skakel druk en die foon sal dan aan u vra of u die kalender by u foon se kalenders wil voeg:
https://calendar.google.com/calendar/u/2?cid=a2FsZW5kZXJAYXBrdmVyd29lcmRidXJnLmNvLnph
2. AP Kerk Toepassing – APP
Android – Google Play
Om die AP Kerk Werf vir Android toestelle af te laai druk asb. op hierdie skakel
Apple – AppleStore
Om die AP Kerk Werf toepassing vir Apple Produkte af te laai druk asb. op hierdie skakel
3. Youtube Kanaal
Ons YouTube Kanaal is: https://youtube.com/@apkerkverwoerdburg
4. Vir Elektroniese Bydraes
Vir Elektroniese Bydraes of inbetalings kan u die volgende ABSA Rekening besonderhede gebruik:
Rekening Naam: APK Verwoerdburg
Bank: ABSA
Tak: Mall@Reds
Rekening Nr.: 32-6014-6482
Vir funksies en maklike betalings kan u die volgende Snapscan kode skandeer:

SnapSCAN
